Karnaval by Allandale
2008-11-06
DIE jaarlikse karnaval van Allandale Gevangenis vind plaas 14 en 15 November op die gevangenisterrein. Behalwe ’n mallemeule is daar hope pret vir kinders soos ’n waterglybaan, ’n ysskaatsbaan en baie stalletjies. Hierdie jaar tree die Moscow Kwaito band, Afro’d Ziac, en Whanie’s Road Music met hulle treffer “Stofpad” op. Ander kunstenaars sluit in Zolani Bongo, N2 Jazz band en Jody Williams. Toegang is R15 en R7 vir kinders. Vir besprekings en navrae, skakel John Pilaar by 084-441-5979.
More
News
|