Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Middernag-besoek skok

Middernag-besoek skok
 
2005-07-28

David Joshua

“EK gee glad nie om as iemand ons besoek om ‘n koppie tee te kom drink nie. Maar verkieslik nie so laat in die nag nie en dan moet die kuiergaste asseblief reg parkeer!”

So sê Pieter Louw van Normandiestraat 6 in Sentraal-Paarl, wat nog nie sy sin vir humor verloor nie, ten spyte van verlede week se groot skrik.

Vroulief Alta glimlag net senuweeagtig, want die skok van die voorafgaande nag se gebeure het haar nog nie heeltemal verlaat nie.

Net na middernag verlede Woensdag, het almal in die huis vervaard wakker geskrik toe hulle die harde slag buite die huis hoor.

Selfs die Louws se gemmerkat het met ‘n skerp gemiaau opgespring. Groot was die verbasing toe ‘n wit Nissan 1400 bakkie deur hulle betontuinmuur, tussen hulle geparkeerde motor en ‘n boom deur, tot teen hul woonwa in die werf gebars het.

Die woonwa is ‘n goeie twee meter verder gesleep en die sleepstang is gebuig.

Volgens Louw het die bestuurder van die bakkie, ‘n jong man, hom “uit sy mik uit geskrik, want sy oë was so groot soos twee pierings in sy kop”.

“Ek kon nie betyds stop by die stopstraat nie, oom”, het hy gestamel.

“Die nat pad het die bakkie laat gly!”

Met hierdie ongewone soort parkering het hy die geparkeerde motor van die Louws net-net gemis.

Nadat al die tersaaklike besonderhede afgeneem was, het almal probeer om weer te gaan slaap tot ‘n insleepvoertuig die bakkie kom verwyder het.

Die verkeersdepartement maan bestuurders om hul spoed en volgafstand by die nat padomstandighede aan te pas.

* A Paarl family was shocked when a car burst through their garden wall in the early hours of the morning.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za