Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aggressie in Paarl-Oos

Aggressie in Paarl-Oos
 
2005-07-28


IN 80% van geweldsmisdade in Paarl-Oos het die slagoffer en die oortreder saam gedrink of dwelms gebruik, waarna ’n argument ontstaan het.

“Hierdie argumente eindig gewoonlik in ’n bakleiery en messtekery, dikwels met noodlottige gevolge,” sê insp Sharon Blankenberg.

Ná deeglike ontleding van veral moord, aanrandings en gesinsgeweldsake, was dit duidelik dat die gebruik van alkohol en dwelms ’n groot rol speel.

“Ons is besorgd oor die waardeverval van die gemeenskap en die feit dat mense nie hul aggressie kan beheer nie,” sê sy.

By moordsake was 77% sedert 1 April vanjaar in familieverband of as gevolg van gesinsgeweld, met 23% as gevolg van bendegeweld.

“Moord word gepleeg oor ’n paar Levi jeans, selfs botter en konfyt, of uit weerwraak.”

Huisbrake in Charleston Hill is aan die toeneem, met die gebied noord van Klein Drakensteinweg wat ook veral deurloop.

In byna al die inbrake oor die naweek is toegang verkry deur ’n venster wat oopgelaat is of gebreek is.

Insp Blankenberg het die gemeenskap versoek om waardevolle eiendom duidelik te merk.

Dis veral DVD’s, televisiestelle, selfone, juweliersware en klerasie wat gesteel word.

“Wanneer wonings verlaat word, moet seker gemaak word dat alle deure en vensters behoorlik gesluit is,” het sy gemaan.

Sy raai ook huisbewoners aan om nie alle ligte af te skakel wanneer daar uitgegaan word nie. Gereedskap wat gebruik kan word om mee in te breek, moet nie rondlê nie.

* The majority (80%) of violent crimes in Paarl East are caused by substance abuse.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za