Bakkies verdwyn
2008-11-06
TWEE Nissan bakkies het die afgelope naweek voete gekry in die Paarl. Saterdagoggend het ’n man vir letterlik tien minute sy wit Nissan 1400 bakkie in die parkeerterrein van Checkers in Lady Greystraat gelos. Met sy terugkeer was sy voertuig skoonveld en niemand het iets gesien nie. Sondagnag het nog ’n wit Nissan 1400 bakkie vanuit die terrein van die Bloemendal-woonstel in Langstraat, Noorder-Paarl, verdwyn.
More
News
|