Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe ontwikkelings bekyk

Nuwe ontwikkelings bekyk
 
2008-11-06


’n OPEDAG om die konsep-omgewingsver­slag oor die impak van die voorgestelde ontwikkeling Klapmuts Hills te bespreek, word op Woensdag 19 November van 17:00 tot 19:00 by die Laerskool Klapmuts se saal gehou.

Die beoogde ontwikkeling sal op 73 hektaar geleë wees aan die oostekant van Klapmutskop en grens aan Klapmuts.

Die voorgestelde Klapmuts Hills ontwikkeling sal bestaan uit 1 577 gemengde residensiële eenhede, enkelresidensiële huise en groepsbeshuising, meestal middel-inkomstegroep wat in vyf fases ontwikkel word.

Die verslag is van 7 November beskikbaar by die openbare biblioteke in die Paarl en Stellenbosch, by Laerskool Klapmuts en die Potbelly Pantry of direk vanaf Withers Environmental Konsultante.

Om as ’n belanghebbende en/of geaffekteerde party geïdentifiseer te word, stuur u naam en kontakbesonderhede asook enige skriftelike kommentaar teen 8 Desember aan Withers, Posbus 6118, Uniedal, 7612 of faks 021-883-2952 of nelia@withersenviro.co.za. Vir navrae, skakel 021-887-4000.

* Die finale verslag oor die omgewingsimpak van die voorgestelde ontwikkeling van die Boschendal-plase in die Dwarsriviervallei is van 10 November beskikbaar by die biblioteke in Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Pniel munisipale kantore. Dit is ook ter insae beskikbaar op die webtuistes www.boschendal.co.za en www.total-impact.co.za.

Die eiendomme beoog vir ontwikkeling is in die Dwarsriviervallei geleë, en is 1821,24 ha groot.

Daar word beoog om ’n vermenging van landbou, residensiële, toerisme, eko-toeris­me en kommersiële grondgebruik toe te pas.

Die voorstel sluit in sowat 1056 erwe van groottes tussen 270 vk meter en 1400 vk meter en sluit residensiële erwe, ’n aftree-oord en ’n kommersiële sentrum in.

Binne hierdie gebiede word ’n totaal van 120 gasvryheid-eenhede, 23 plase, ’n versorgingsentrum en klubhuis ook beoog. Dien kommentaar in teen 12 Desember.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za