Fietsdief vas
2008-11-06
DIE flink optrede van twee polisiemanne het gesorg vir die inhegtenisname van ’n vermeende fietsdief. Sondagmiddag om 12:15, is opgemerk dat ’n verdagte persoon twee bergfietse vanuit sy buurman se erf in Noorder-Paarl stoot. ’n Inwoner het ’n verbygaande polisievoertuig voorgekeer en van die gebeurtenis vertel. Die polisie het dadelik die spoor van die verdagte gevolg. Dit het vir hulle gelei tot in die New Orleans woonbuurt en hier is Yurican Paulse (20) vinnig in hegtenis geneem, met albei bergfietse in sy besit. Paulse het reeds verskeie keer met die gereg gebots in verband met gesteelde goedere. Nog voordat die regmatige eienaar van die fietse ’n klag van diefstal by Paarl polisiestasie kon lê, was Paulse en die fietse reeds by die stasie. En die gemeenskap van Noorder-Paarl loof nou die polisie vir hul vinnige optrede.
More
News
|