Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geniet jou ontbyt en koop vars produkte by mark

Geniet jou ontbyt en koop vars produkte by mark
 
2008-11-06


DIE Streepmuis Mark is die Paarl se nuutste bymekaarkom-plek elke Saterdag vanaf 09:00 tot 14:00. Hierdie mark open eerskomende Sondag om 09:00 by Simonsvlei wynkelder buite die Paarl.

Vir die Feesseisoen sal hulle Sondae oop wees van 09:00 tot 13:00. Kom geniet jou Saterdag-ont­byt, terwyl jy vars produkte aankoop. Hou jy van bietjie later lê, dan kan jy ’n brunch of ’n vroeë middagete met ’n glasie wyn of yskoue bier geniet.

Vir die kinders, is daar ’n speel-raam om hulle besig te hou.

Streepmuis Mark strewe om omgewingsvriendelike produkte van die plaaslike gemeenskap en entrepreneurs aan die publiek te bemark en te verkoop.

Van die produkte wat te koop sal wees, is vars gebakte pateés en brode, groente, vrugte, Karoo vleis, boerewors en vele meer. Geniet wyn, vonkelwyn of ’n yskoue bier en kuier saam.

Vir meer inligting, skakel Minette Labuschagne by 084-554-6238 of Johan Labuschagne by 082-553­0090.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za