Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Volmaanpiekniek op Paarlberg

Volmaanpiekniek op Paarlberg
 
2008-11-06


KOM beskou die volmaan van nader vanaf die Taalmonument op Paarlberg op Vrydag 14 November van 18:00 tot 22:00.

Dit is een dag ná die volmaan, maar die maan sal steeds 99,1% vol wees.

Die son sak om 19:27 en die maan kom eers twee ure later om 21:21 op, perfek vir ’n romantiese aand met ’n panoramiese uitsig oor die Drakensteinvallei.

Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel. Fakkels, wat in 1975 by die inhuldiging van die Taalmonument gebruik is, sal die tuin verlig.

Toegang is R10 (R5 vir studente en R2 vir kinders).

Onthou om ’n flitslig in te pak. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Besoekers is welkom om hulle eie piekniekmandjie in te pak of ’n mandjie vooraf te bespreek by Uit die Bloute restaurant by die Taalmonument.Vir besprekings, skakel 021-863-2800.

* Gedurende die somerseisoen is die Taalmonument daagliks oop van 08:00 tot 20:00. Uit die Bloute restaurant is oop slegs tot 17:00 op weeksdae en tot 18:00 op Vrydae, Saterdae en Sondae.

Besoek ook die Taalmuseum in Pastorie­laan, oop van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00.

Vir meer inligting, besoek www.taalmonument.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za