Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chaos ná ongeluk

Chaos ná ongeluk
 
2008-11-06

Lise Beyers

CHAOS het Maandagmiddag in die strate van die Paarl geheers, toe die bestuurder van ’n vragmotor beheer verloor het oor sy voertuig, waarna hy by die Parys-sirkel by ’n helling afgeploeg het en bo-op twee voertuie te lande gekom het.

Die voorval het omstreeks 12:40 plaasgevind, toe die voorhaker met twee treilers in Langenhovenweg afgery het. Die bestuurder wou vermoedelik noordwaarts om die Parys-sir- kel­ ­ry, toe hy beheer oor die voertuig verloor het.

Hy het bo-oor die sentrale eiland in Markstraat gebars en sowat 20 meter ver by ’n wal afgery en op die motors in die parkeerterrein van Collotype drukkery te lande gekom.

Werknemers by Collotype was verward ná die slag, wat sommiges gedink het ’n bom was.

In die proses het die kajuit vasgesteek en onder die sleepwaens beland. Drie motors is erg beskadig.

Twee mense was in die wrak vasgekeer en die enigste teken van lewe was die bestuurder se voet wat onder die wrak uitgesteek het en nou en dan beweeg het. Hierna het ’n reuse reddingsoperasie begin wat vier ure later eers ten einde geloop het.

Die hulp van ’n Metro-reddingsvoer­tuig vanuit Kaapstad is ingeroep wat die vragmotor eers moes oplig, voordat reddingswerkers kon voortgaan om die vasgekeerdes uit te sny.

Die bestuurder van die voertuig, Marius van der Bergh (34) van Worcester, is eerste uitgehaal en na Groote Schuur Hospitaal geneem. Hy het wonderbaarlik met slegs ligte beserings die ongeluk oorleef.

Sy vroulike passasier, wie se naam steeds onbekend is, is egter vermoedelik op slag dood.

Hierna het bergingswerkers tot laat-aand gespook om die wrakke van die toneel te verwyder terwyl spitsuurverkeer in chaos gedompel is.

Geen toegang kon verkry word van­af Markstraat na die sirkel nie, en dit het spitstyd-verkeer basies tot stilstand gebring.

Talle vrae word nou gevra oor die oorsaak van die ongeluk.

Geen vragmotor met ’n gewig groter as 10 ton mag Langenhovenweg gebruik nie, maar die mede-eienaar van die voertuig van WW Vervoer in Worcester, het gesê dat Van der Bergh die voertuig sonder sy medewete gebruik het.

“Van der Bergh was veronderstel om Maandagoggend vanaf Oudt­shoorn na die Oos-Kaap te ry om ’n vrag op te tel, maar Maandagoggend was daar geen teken van hom of die vragmotor nie.

“Ek het dieselfde oggend ’n klag hieroor by die polisie op Oudtshoorn gelê.”

Die Parys-sirkel is berug vir voertuie wat dit teen hoë spoed nader en soms bo-op die sirkel beland.

’n Klag van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

* Chaos reigned in the streets of Paarl on Monday afternoon, when a truck plunged down an embankment at the Parys traffic circle, landing on top of numerous vehicles. A passenger died on impact.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za