Aflos-atletiek beloof opwinding
2008-11-06
DIE Sporttrust van Laerskool Courtrai bied vandag, vir die vyfde agtereenvolgende jaar, ’n massa-aflosatletiekbyeenkoms aan by HJS se atletiekbaan in Brugstraat. Die byeenkoms begin om 17:15 en duur tot 19:00. Vierhonderd laerskool-atlete van sewe skole in die Paarl en Wellington gaan die stokkie opneem en laat waai in ’n verskeidenheid aflos-items, waaronder ongewone wisselwedlope. Die Springbok rugbyspeler Schalk Brits sal medaljes oorhandig. Volgens Tanya Malherbe, ’n oud-Spring- bokatleet wat aan die stuur van sake staan, is die doel van die byeenkoms “massadeelname en die bou van spangees”. “Ons het uitstekende terugvoering tydens ons vorige aflosbyeenkomste gekry,” sę Malherbe. “Die kinders en die toeskouers geniet die opwinding en spangees.” Standaard-aflosse sowel as ’n verskeidenheid wissellope is op die program.
More
News
|