Boishaai boer aan die wenkant op atletiekbaan
2008-11-06
HOËR JONGENSKOOL het die spankompetisie tydens die onlangse Engen-Top 10-atletiekbyeenkoms op Morreesburg, sterk teenstanders soos Hoërskool Gimnasium, Hoër Landbouskool Boland, en Hoërskool Bredasdorp uitgestof om as die wenspan gekroon te word. In die tweede plek was Hoërskool Bredasdorp, gevolg deur Landbou en Gimnasium in die derde en vierde plekke. Atlete van die Paarl wat die meeste punte opgestapel het, was Elviero February (Landbou; s.o.14 200m in 22,93 sekondes); Jan Louw Kotzé (Gim; s.o14 gewigstoot met 16,89m en s.o.14 diskus met 47,08m), Tiaan Mouton (HJS, s.o.14 90m hekkies in 12,58 sekondes), Wayne van Deventer (Landbou, s.o.15 hamergooi). * Tydens die SACS Lente Atletiekbyeenkoms het HJS se manne ook goed gevaar. Atlete wat eerste plekke behaal het, was Devon Williams (o.16, 100m in 11,2 sekondes), Karel van Eeden (o.17, hoogspring - 1,90m), Curt Ruiters (o.17, 200m in 24,0 sekondes en 100m in 11,0 sekondes) en Lochner Slabbert (o.17, 1 500m in 4:18,1 minute). Na afloop van die toernooi het Arthur Festus ’n medalje ontvang vir die tweedebeste prestasie deur ’n seuns-atleet met sy tweede plek in die o.14 100m-item in ’n tyd van 11,5 sekondes (1100 Absa-punte).
More
News
|