Belowende tennisspelers speel vir SA
2008-11-06
Jaco van Wyk
TWEE Paarliete, Malan Bartleman (Noord-Eind) en Marcel Rossouw (Laerskool Gimnasium), het onlangs die Suid-Afrikaanse o.13 skole tennisspan tydens twee internasionale toernooie verteenwoordig. Met die eerste toernooi wat op die Reunion Island van 20 tot 25 Oktober, en die tweede toernooi op Mauritius van 27 Oktober tot 1 November, het die SA span kragte gemeet teen drie spanne van Frankryk, Angola, Mayotte, Botswana, Madagaskar, Reunion en Mauritius. Suid-Afrika het beide toernooie oorheers met verskeie spelers wat in die eindronde meegeding het. Malan het tydens die toernooi in Mauritius tot die dubbelsfinaal deurgedring, en ook in die kwarteindronde van die enkelspel gespeel. Marcel het tot die kwarteindronde van die konsolasie-toernooi deurgedring in Mauritius. Hulle afrigter, Abdul Maliek Cassiem (’n onderwyser van Paulus Joubert Sekondêr en nasionale keurder vir skoletennis), was ook die afrigter van hierdie Suid-Afri- kaanse span vir beide toernooie. “Na afloop van die toernooi is dit duidelik dat ons junior spanne kan kers vashou teen top tennislande - ons jong spanne is tans baie belowend,” sê Cassiem.
More
News
|