Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike fietsryers presteer

Plaaslike fietsryers presteer
 
2008-11-06


DIE naweek se liga-padwedren in Bonnievale is gekenmerk deur uitstekende fietsry deur Paarl se top junior ryers.

In die junior wedren oor 80km het Avery Arendse van Yorkshire fietsryklub vir ’n kragvertoning gesorg deur die wedren op skitterende wyse te wen, met Brandon Christians, van Rhadsport, wat ’n goeie tweede posisie behaal het.

In die o.14 afdeling het Bradwin Daniels van Peco fietsryklub sy heerskappy voortgesit deur die wedren oor 43km in te palm. Brent van Rooyen van Rhadsport fietsryklub het ’n derde plek behaal.

Eerskomende Sondag vind die laaste ligabyeenkoms plaas by die Simonsvlei wynkelder. Plaaslike ryers wat hul stempel kan afdruk by dié wedren is Ferdi Farao en Arth Thomas in die elite afdeling, Avery Arendse, Brandon Christians en Clint Hendricks in die junior afdeling, Emile Jacobs in die o.16 afdeling en Bradwin Daniels in die o.14 afdeling.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za