Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gure weer kan nie wedvaarders keer

Gure weer kan nie wedvaarders keer
 
2008-11-06


DIE Trans Atlantic, wat strek van Strandfontein tot in Bloubergstrand, is een van die tweejaarlikse ultra-uithouvaarte op die rubberbootkampioenskapskalender.

Die resies, wat bekend is vir sy gure weer, rowwe water en gevaarlike kuslyn, lok jaarliks nuwe deelnemers wat hulle kragte teen die Weskus-elemente wil kom meet.

Die wedvaart het die afgelope Vrydag afgeskop en teen Sondag het die spanne die laaste been voltooi om die resies van meer as 450km af te sluit.

Een van die hoofdoele van die wedvaart is om geld in te samel vir die NSRI.

Spanne vind dit altyd moeilik om die tog te voltooi, maar hierdie jaar was dit egter ’n ander wedvaart. Alle skofte is afgehandel ten spyte van rowwe water tydens die laaste twee dae.

In hul derde deelname aan die Trans Atlantic, het ’n tegniese probleem die Wellingtonse span van Steyn Basson en Jan Kriel (Infanta Inflatables/Basson Workwear) effens gekniehalter op die laaste skof.

Ten spyte hiervan het die Wellingtonners steeds tweede in die P750 klas geëindig.

“Ons het vir Infanta ’n nuwe model getoets vir die resies en was heel beďndruk,” het die span te sę gehad na afloop van die vaart in Big Bay.

“Dus was dit sommer vir ons ’n tweeledige oefening.”

Van die Paarl het Malcolm Hazelhurst en Ferdi Liebenberg (Blastech) ook in die P750 klas deelgeneem. Hulle het goed gevaar om in die vierde plek te eindig.

“Die kameraderie tydens die resies is vir ons span ’n riem onder die hart,” het Malcolm gesę. “Volgende jaar is ons terug en dan is dit ’n top drie vir ons.”

Die onderskeie wenners in die P750m- klas was Tiaan Vermeulen en Dian Gilomee (DDS), P750 Rocco Erasmus en Tiaan Naudé (Doempie Masjienhuur) en P750S Lohan en Riaan Malan (AJ Signs).

Tydens die prysuitdeling kon Taba ’n bedrag van meer as R25 000 bekend maak wat aan NSRI oorhandig sou word.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za