Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Flink agter die penne

Flink agter die penne
 
2008-11-06

Jaco van Wyk

NA tien jaar se spel vir Paarl Krieketklub klink dit asof Lee-Roy Walters vir ewig moes wag voor die Cape Cobras besef het dat hulle nie sonder sy dienste sal kan klaarkom nie.

Die realiteit is egter dat Lee-Roy, op 21-ja- rige ouderdom, nog bloedjonk is en vanaf 11- jarige ouderdom reeds sy klub se krieketkleure met trots dra. As kannetjie was hy destyds, tussen ’n klomp hardebaarde, vir Paarl se vierde span in aksie.

Dié blitsige paaltjiewagter met die groot hart, wat in 2004 die eerste krieketspan van Hoër Jongenskool aangevoer het, het nou, na sy hoeveelste spogvertoning vir sy klub, ’n reuse tree vorentoe gegee om sy vaardighede op provinsiale vlak te laat geld.

“Ek besef ek is nog jonk, maar dit was nog altyd my droom om vir die Cobras te speel, en met harde werk het ek dit nou reggekry. Ek oefen omtrent elke dag.”

Om vir die Cobras gekies te word is ’n besonderse prestasie. Dit spreek vanself van die ongelooflike talent waaroor Walters beskik.

Sy pa het hom egter van ’n jong ouderdom af geleer dat mens nooit grootkop moet kry deur te erken jy is goed nie, “want dan sak jou spelpeil,” sê Walters.

“Ek kan net dankbaar wees vir die gawe waarmee die Hemelse Vader my geseën het om my passie uit te leef.”

Volgens Walters is een van sy groot kriekethelde Justin Ontong, die Protea krieketspeler wat ook van die Paarl afkomstig is.

“Die hoeveelheid werk wat hy insit om sy spel te verbeter, is vir my ’n inspirasie om self harder te werk.”

Gaan Lee-Roy dus in sy held se voetspore volg en ook eendag die groen trui van Suid- Afrika oor sy kop trek?

“Om eendag vir die Proteas te speel is my droom, maar ek is nog jonk en vat dit maar stap vir stap. Op die oomblik is dit net my mikpunt om myself in die Cobras se beginspan te vestig.”

Behalwe vir sy pa en vir Justin Ontong, is Boland se afrigters, Salieg Nackerdien en Edwill Jacobs, die ander groot rolspelers in Walters se suksesverhaal.

“Verder het my hele familie my nog altyd, van kleins af, ongelooflik ondersteun.”

Alhoewel Lee-Roy se aandag tans ten volle gespits is op sy krieket, wil Lee-Roy volgende jaar sy B.A. graad deur Unisa voltooi.

Lee-Roy erken dat hy al ’n paar onvergeetlike oomblikke op die veld beleef het, soos sy 103, nie uit nie, vir Paarl in 2006, en sy ses slagoffers in een wedstryd (vier vangskote en twee gestonk). Lee-Roy glo egter vas dat daar altyd ruimte is vir verbetering.

“Ek glo my beste moet nog kom.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za