Interskolestryd skop af
2005-07-28
DIE groot Interskolestryd tussen Gimnasium en Hoër Jongenskool het reeds Dinsdag afgeskop met die kragmetings tussen laerskoolspanne en ook oudstudente gisteraand.
Die o.13A rugbyspanne meet vanaand om 19:00 kragte op Faurestraat Stadion, terwyl sommige hoërskoolwedstryde tussen die meisieskole ook vandag gespeel word.
Môremiddag is daar rugbywedstryde by HJS se Brugstraatvelde, met die Groot Brag dinees môreaand.
Die groot kragmeting tussen die eerste rugbyspanne is Saterdagmiddag 16:00 op Faurestraat (volledige program in die Interskole-bylae).
Albei spanne het die afgelope seisoen goed gevaar, met Gimnasium, wat nog net eenmaal verloor het, ’n kortkop voor die Boishaaiers.
* The interschools battle between Paarl Boys’ High and Gymnasium takes place this weekend.
More
News
|