AAN die baie slim munisipale werkers wil ek net sê, skrik wakker.
Nadat ’n foto ’n rukkie terug in Paarl Post verskyn het van die geweldig slaggat onder in ons straat, het hulle aan die werk gespring om dit reg te maak.
Die straat is ’n eenrigting teen Paarlberg op en die pad is by die ingang gesluit vir die herstelwerk.
Maar toe besluit hulle sommer ook om die pad heel bo ook toe te maak, sodat niemand in die straat by hul huise kon uitkom nie.Waarvoor weet ons steeds nie.Omge-ellie