Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rusoord sê dankie

Rusoord sê dankie
 
2008-11-13


HOE is dit moontlik om in woorde die dankbaarheid te beskryf wat ons in ons harte teenoor ons Skepper en gemeenskap voel.

Ons groot dank eerstens aan ons Skepper wat dit in so baie persone en organisasies se harte lê om iets vir Rusoord te doen. Ons ervaar elke dag dat Hy vir ons lief is en ons dra in al ons baie behoeftes deur die gemeenskap.

Dit is juis wanneer ’n mens weerloos, en hier by ons ook soms verlate is, dat die versorgende Hand van die Vader soveel duideliker sigbaar word.

Die gemeenskap omring Rusoord soos ’n skare engele. Ons kan nooit ooit genoeg dankie sê vir almal wat ons so dra nie.

Soos dit is moet Rusoord maar gedurig worstel met begrotingstekorte, daarom is al die gewillige hande en harte in ons gemeenskap vir ons goud werd.

Dit is opvallend hoe toegewyd almal is wat vir ons op ’n gereelde basis kom dienste lewer.

’n Mens besef dat almal besig is, maar tog kry jy dié wat tyd maak om vir hulle medemens iets te beteken. Dankie aan almal wat ons deel maak van hierdie gemeenskap en ons nie in ons bejaardheid op die rand van die gemeenskap los nie.

So aan die einde van die jaar wil ons dankie sê vir ’n jaar van liefde en omgee en wil ons vir die gemeenskap uit ons harte ’n mooi en geseënde feesseisoen toewens.

Minette du Toit, Voorsitter Rusoord Ouetehuis




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za