EK is een van die mense wat bedank het uit die ANC. Dit gaan nie oor die afdanking van Mbeki nie, maar oor die ANC se inmenging in aanstellings by plaaslike bestuur.
Dit is aanvaarbaar dat die ANC beheer wil hê oor die aanstelling van raadslede en politieke hoofde by die Munisipaliteit Drakenstein.
Maar nou word daar ook ingemeng met die aanstelling van die volgende vlak, die Departementshoofde - selfs hierdie aanstellings is nou onderhewig aan goedkeuring van die provinsiale bestuur van die ANC.
Daar is geen deursigtigheid in hierdie aanstellings nie - dit hang net af of jy vir Zuma steun.
Die ANC het sy fokus verskuif van dienslewering na politieke beheer en aanstelling van hul tjommies.
Hierdie bose kringloop moet gestop word.
Die Munisipaliteit is ’n publieke organisasie - ’n besigheid wat goed bestuur moet word. Dit is nie wat nou gebeur nie.
Joseph Johnson