Die Mystic Trio besoek die Paarl
2008-11-13
DIE Mystic Trio, Valiant Swart, Ollie Viljoen en Pietman, oftewel Peter Mitchell, tree Saterdag om 20:00 op by die Ou Meul-teater in die Paarl. Hulle gesels met jou asof hulle jou al jare lank ken. ’n Aand vol musiek, luisterplesier, gesels en lag - ’n aand vol van nostalgie, ’n aand van groot onthou. Kom beleef ’n aand deurweef met ’n silwerdraadjie van betowering, met voete wat jeuk as Ollie se trekklavier onder sy hande jubel. En om net weer seker te maak of ons die regte ou beet het, gaan krap ons die Huisgenoot van 10 April onder al die ou tydskrifte uit en lees weer wat redakteur Esmaré Weideman van Valiant gesê het nadat sy hom op die KKNK gehoor sing het: “Gaan staan ek botstil toe ek die stem hoor: Rasperig maar soet; half Bob Dylan, half Chris de Burgh. Die man wat almal tjoepstil sing…” Kaartjies kos R90. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|