Dagga uitgesnuffel
2008-11-13
Lise Beyers
TOE lede van die Wellington polisie verlede week ondersoek ingestel het na 地 vermeende Tikhuis, is 地 reuse hoeveelheid dagga gevind. Polisiebeamptes, met die hulp van die honde-eenheid, het verlede Woensdag inligting ontvang oor 地 huis in Eluxolwenistraat, New Rest. Die huis is deursoek, en 地 minderjarige meisie is in hegtenis geneem met 地 klein sakkie Tik in haar besit. Die meisie is na die Wellington polisiestasie geneem vir ondervraging, en terwyl lede van die honde-eenheid nog op die terrein gestaan het, het een van die polisiehonde, Sussie, snuf in die neus gekry, en vir haar hanteerder sowat 20 meter verder gesleep. Hier het Sussie vir almal verras, toe sy 57kg dagga uitgesnuffel het in 地 opslaanhuis. Die meeste van die dagga was reeds klaar verpak in verskeie groottes pakkies, net reg om op straat verkoop te word. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
More
News
|