Vragmotor reeds op pas buite beheer
2008-11-13
Lise Beyers
DIE vragmotor wat verlede Maandag chaos in die Paarl veroorsaak het, het na bewering reeds op Dutoitskloofpas onklaar geraak. Volgens ’n verklaring van die bestuurder, Marius van der Bergh, het hy vanaf Dutoitskloofpas in die rigting van die Paarl gery, toe sy remme gefaal het. Hy het oor die Sonstraalpad in Langenhovenweg gery, terwyl die vragmotor al hoe meer spoed opgetel het. Toe hy by die Parys-sirkel kom, kon hy die weghol-vragmotor nie meer beheer nie, en hy is deur die heining by Collotype, waarna die voertuig tot onder geploeg het, en bo-op verskeie motors te lande gekom het. Van der Bergh het slegs ligte beserings in die ongeluk opgedoen, maar hy was so erg vasgepen in die voertuig, dat dit reddingswerkers vier ure geneem het om vir hom uit die wrak te sny. Van der Bergh se passasier was sy verloofde, Shamiela Nevelinc van Dieprivier (42). Sy is vermoedelik op slag dood en was binne die wrak bo-op hom gepen. Volgens gerugte ontken Van den Bergh die eienaar van WW Vervoer van Worcester se beweringe dat hy die vragmotor sonder sy verlof vanaf Oudtshoorn bestuur het. Hy was glo onderweg om ’n vrag in die Kaap te gaan oplaai. Die polisie ondersoek die saak verder. * The driver of the truck that caused havoc on the roads of Paarl last week, said that the brakes of the vehicle had failed in Du Toit’s Kloof.
More
News
|