Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole-atlete skitter op atletiekbaan

Skole-atlete skitter op atletiekbaan
 
2008-11-13


VERSKEIE Paarlse skole-atlete het spogvertonings gelewer tydens Bellville-atletiek- klub se byeenkoms vir juniors.

Voor in die koor was die o.16 seuns diskus-atleet van Hoërskool Gimnasium, Jan Louw Kotzé, met ’n nuwe WP rekord (57,49m).

Ander uitblinkers was die o.18 atlete van HJS, Kurt Ruiters (100m in 10,98 sekondes en 200m in 22,35 sekondes) en Adam van Heerden (gewigstoot in 15,86 meter en diskus in 43,32 meter), met Kirk Jacobs van HJS wat goed vertoon het in die o.16 afdeling (200 meter in 24,01 sekondes en 110 meter hekkies in 14,33 sekondes).

Die twee La Rochelle-atlete, Gira Carstens (800 meter in 2:20,79) en Courtney du Plessis (verspring in 4,92 meter), het ook sterk vertoon.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za