Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom kyk na die keiser se nuwe klere

Kom kyk na die keiser se nuwe klere
 
2008-11-13


DIE kinderproduksie, Die Keiser se Nuwe Klere, word Saterdag om 10:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl opgevoer.

Die Keiser hou ’n groot partytjie om sy land se verjaarsdag te vier. Woempel en Tinkel is twee wonderwewers wat sy klere moet maak vir hierdie spesiale dag, want, ai, die keiser hou so baie van mooi en nuwe klere.

Die enigste probleem is: Niemand kan die klere wat die twee wonderwewers maak, sien nie.

Gaan die arme Keiser kaal moet loop voor sy volk, of sal sy geliefde nar, Doempel, hom uit hierdie klere-penarie red?

Oud en jonk sal die stoute mannewales van die twee gierige wewers en die koddige sêgoed van die liewe nar geniet - nog ’n opwindende produksie van die Loud Lemon teatergroep.

Kaartjies kos R30 by Vicky Stemmet 083­564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za