Aflos-rekords spat
2008-11-13
LAERSKOOL COURTRAI het verlede Donderdag ’n puik aflosbyeenkoms aangebied waartydens spanne van Courtrai, Hoër Meisieskool Paarl, Paarl Primêre Seunskool, Hendrik Louw Laerskool, William Lloyd Primêr, Laerskool Drakenstein en Hugenote Laerskool in aksie was. Buiten die pragtige atletiek wat tydens die byeenkoms te sienewas, het Schalk Brits, Springbok-rugbyspeler, die atlete se medaljes oorhandig. Verskeie rekords is tydens dié aflosbyeenkoms opgestel. Die seuns o.8, 4x100m aflos is in ’n rekordtyd (1:01,73) gewen deur PSS, met HMS en PSS wat die o.12 gemengde 4x200m rekord (seun/dogter/seun/dogter) gebreek het (1:53,99). William Lloyd Primêr het die rekords vir seuns o.11 4x100m (55,33) asook die dogters o.11 4x100m (58,61) laat spat. In die 600mx400m x200mx200m Meisies Medley Ope het Courtrai se dogters die rekord gebreek met ’n tyd van 3:47,00, terwyl PSS die Medley Seuns Ope rekord opgestel het met ’n tyd van 3:35,13. Die 7x100m Dogtersaflos (o.7-o.13) is gewen deur Drakenstein in 1:51,65.
More
News
|