Tweede man vas na kind se moord
2008-11-13
NOG 地 man is verlede week in hegtenis geneem in verband met die moord en verkragting van 地 vierjarige meisie van die Bovlei. Willem Goosen (24) is twee weke gelede in hegtenis geneem, kort nadat Abranechia Pass (4) verdwyn het. Abranechia se liggaam is 12 ure na haar verdwyning gevind tussen riete op die oewer van 地 plaasdam. Sy is vermoedelik verkrag en met 地 stomp voorwerp teen die kop geslaan. Nadat Goosen in hegtenis geneem is, het die polisie voortgegaan met hul ondersoek, wat vir hulle gelei het na nog 地 verdagte. Anthony Williams (19) van 地 buurplaas in die Bovlei is in hegtenis geneem. Beide verdagtes het Abranechia se familie geken, en het selfs gehelp met die soektog na die kind. Williams en Goosen sal nou saam teregstaan vir die grusame moord. Hulle verskyn weer op 4 Desember in die Wellington Landdroshof. * A second man has been arrested in connection with the murder of a young girl on a farm near Wellington.
More
News
|