Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Luan is węreldkampioen

Luan is węreldkampioen
 
2008-11-13

Jaco van Wyk

DAAR word dikwels na jong uitblinkers op sportgebied verwys as toekomstige węreldkampioene, maar Luan van der Vyver laat nie op hom wag nie.

Op 11-jarige ouderdom is dié leerling van Hugenote Laerskool reeds ’n węreldkampioen nadat hy verlede Saterdag die Biathle-Węreldbyee­n- ­koms vir o.12’s by Zandvlei, Muizenberg, gewen het.

Tydens dié byeenkoms het sterk lande soos Duitsland, Groot Brittanje, Frankryk, Japan en Korea ook deelgeneem.

Dié kranige sportman, wat ook uitblink in tennis, swem, atletiek, rugby, hokkie en tweekamp, het boonop die byeenkoms verlede jaar ook gewen, toe hy in die o.10 ouderdomsgroep, in Monaco, koning gekraai het.

Die feit dat hy vanjaar in ’n hoër ouderdomsgroep deelgeneem het, beteken dat Luan volgende jaar sy titel in dieselfde ouderdomsgroep sal kan verdedig.

Luan se sussie, Nicolene (10), het vanjaar ook deelgeneem aan dié byeenkoms. Dit was haar eerste deelname en sy het ’n agtste posisie behaal.

Biathle bestaan opeenvolgend uit hardloop, swem en weer hardloop. Atlete hardloop vir 500m, swem dan vir 50m, gevolg deur nog ’n hardloopsessie van 500m - die afstand verskil egter tussen ouderdomsgroepe.

Luan se suksesverhaal tydens die Węreldbyeenkoms het egter nie sonder drama gepaard gegaan nie.

Asof die uitdaging teen internasionale teenstanders nie groot genoeg was nie, moes Luan deelneem met ’n besering ook.

Luan het minder as twee weke voor die byeenkoms sy voet op die strand gesny, waarna hy ’n paar dae voor die byeenkoms sy Achilles­­sening beseer het tydens sy skool se prestige-atletiekbyeenkoms.

Volgens Luan se ma, Almaré, het Luan net kalm gebly.

“Luan het, ondanks die terugslae, baie gefokus gebly en nooit in die Here se genesing getwyfel nie.

“Die Here het vir my baie talente gegee,” sę Luan oor sy prestasies, “maar ek werk ook baie hard.”

Vroeër vanjaar het Luan reeds ’n goue medalje in 50m vryslag ingepalm tydens die Usasa swemgala.

Twee weke later was hy gekroon as die SA kampioen in tweekamp.

Luan se sussies, Hanré (13) en Nicolene, het ook aan die tweekamp-byeenkoms deelgeneem wat in Pretoria gehou is.

Luan en Nicolene is ook mal oor musiek. Albei sing in die skool se senior koor en speel in die Orff orkes wat bekerwenners was by vanjaar se Eisteddfod.

Volgens Almaré is die Van der Vyvers se geheim eenvoudig: “Ons leef met ’n passie vir die Here en doen alles as ’n gesin saam.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za