Boland Bonsai Kai hou skou
2008-11-13
SOWAT drie maande voor daar met ’n bonsai-boompie geskou word, word daar reeds aandag gegee om hom in ’n perfekte toestand te kry vir die geleentheid. Sowat 50 boompies word tans voorberei vir die gewilde skou van die Boland Bonsai Kai op 22 en 23 November, in die Botaniese Tuin van die Universiteit Stellenbosch in Neethlingstraat. Die skou is die Saterdag van 09:00 tot 17:00 en die Sondag van 10:00 tot 16:00 oop. Die personeel van die Tuin het onderneem om die oudste versameling Bonsais in die land, die Becky Lucas-versameling wat van die 1940’ dateer, spesiaal oop te stel vir die publiek, en klublede sal beskikbaar wees om vrae te beantwoord. Navrae kan gerig word aan Fritz Joubert op 083-286-7259
More
News
|