Opedag vir diabete
2008-11-13
IS jy gedurig dors, honger, moeg en lusteloos, duiselig, en sweet jy in die nag? Het jou sig verswak? Dan kan jy moontlik verhoogde bloedsuiker (diabetes) hê. Die Paarl Medi-Clinic bied ’n Opedag aan wat saam val met Internasionale Diabetesdag. Besoek vandag tussen 10:00 en 14:00 die uitstalling in die Pick n Pay winkelsentrum in die Paarlse middedorp vir ’n gratis bloedsuikertoets en bekom meer inligting. Indien diabetes beheer word, kan komplikasies soos blindheid, hartprobleme, nierprobleme, seksuele probleme en bloedvatsiektes vermy word.
More
News
|