Plaasmark elke Saterdag by Streepmuis
2008-11-13
DIE Streepmuis Mark is die Paarl se nuutste bymekaarkomplek elke Saterdag vanaf 09:00 tot 14:00 by Simonsvlei wynkelder buite die Paarl. Kom geniet jou Saterdag-ontbyt, terwyl jy vars produkte aankoop. Hou jy van bietjie later lê, dan kan jy ’n brunch of ’n vroeë middagete met ’n glasie wyn of yskoue bier geniet. Vir die kinders, is daar ’n speel-raam om hulle besig te hou. Streepmuis Mark strewe om omgewingsvriendelike produkte van die plaaslike gemeenskap en entrepreneurs aan die publiek te bemark en te verkoop. Van die produkte wat te koop sal wees, is vars gebakte pateés en brode, groente, vrugte, Karoo-vleis, boerewors en nog vele meer. Geniet wyn, vonkelwyn of ’n yskoue bier en kuier saam. Vir meer inligting, skakel Minette Labuschagne by 084-554-6238 of Johan Labuschagne by 082-553-0090.
More
News
|