Stywe lyne vir hengelaars
2008-11-13
DIE eerste liga-kompetisie van Boland Kushengel wat op 11 Oktober te Waenhuiskrans plaasgevind het, was baie suksesvol so vroeg in die hengelseisoen. Die dag het gepaard gegaan met gemengde vangste, maar uiteindelik het Hein Engelbrecht van Hermanus-klub die dag gevat, met Okkie Gerber van Paarl-klub kort op sy hakke. Gerhard Bruwer van Bredasdorp-klub was derde. Die grootste nie-eetbare vis was ’n Gespikkelde Sloephaai van 26,74kg, gevang deur Okkie Gerber. Die swaarste eetbare vis was ’n wit mosselkraker van 9,7kg deur Stefan Oosthuizen. Die volgende liga-kompetisie vind plaas op Saterdag 22 November by die Damme. Enige belangstellendes kan vir Gerrit van Niekerk kontak by 083-259-4310.
More
News
|