Lenteliga blom
2008-11-13
SONDAG het die laaste lente- ligapadwedren van die seisoen plaasgevind by Simonsvlei Wynkelders, met twee plaaslike fietsryers wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het in hul onderskeie afdelings. Verdi Farao het ’n goeie vierde plek behaal in die Elite afdeling. Hy is ’n ryer wat besig is om sy stempel behoorlik af te druk in hierdie afdeling. In die o.14-afdeling het Bradwin Daniels van Peco fietsryklub sy segetog in padwedrenne voortgesit met ’n eerste plek in sy afdeling. Daniels het tans ’n uitstekende padseisoen agter die rug. JC Jantjies van Yorkshire het in die o.12-afdeling ook ’n eerste plek behaal. Saterdag bied Peco fietsryklub ’n baanbyeenkoms aan te Faurestraat-stadion. Wedrenne begin om 13:00 met top ryers van WP en Boland wat mekaar die stryd gaan aansê. Fietsry van hoogstaande gehalte word verwag. Kontak Peter Daniels by 083-316-5907.
More
News
|