Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe "kookbybel" vir vroue

Nuwe "kookbybel" vir vroue
 
2008-11-13


’n KOOKBOEK wat die nuwe “Kook en Geniet” - die Suid-Afri­kaanse vrou se kookbybel - kan word, is saamgestel deur die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV).

“Kook Saam” beslaan 230 glansbladsye en is die ideale Kersgeskenk vir ’n dogter, ma, vriendin of skoonsuster.

Hierdie deurwinterde resepte is versamel van vroue oor die hele land en met trots beproef in menige kerksaal, gourmet-kombuis en staatsbanket.

In die 104 jaar van die bestaan van die ACVV, was deel van hierdie derduisende voortreflike dames wat hierdie unieke organisasie dryf, hul onpretensieuse gasvryheid en skitterende onthaalvermoë.

Vir die eerste keer is hierdie dames bereid om die sluier te lig oor die groot geheim van hul kookboeke en familie-resepte.

Dit is ’n versamelaarstuk en bevat ’n wye verskeidenheid beproefde resepte vir die moderne gesin. Die resepte is vinnig, ekonomies en beproef – om die kok (die voltydse tuisbly-mamma tot beroepsvrou/man) ook die geleentheid te gee om nog kosbare tyd saam met die gesin te spandeer.

Alledaagse resepte vir die bereiding van sop, vis, slaaie, groente, vleis, nagereg, soutigheid, kleinkoekies, koeke,terte, brood en beskuit is vanuit die keur van gemeenskapsvroue oor die hele land versamel.

Vir slegs R80 word 230 bladsye met meer as 300 uithaler beproefde resepte beskikbaar gestel in `n glansbundel wat elke vrou se trots en vriendin sal wees.

Dis die ideale geskenk vir ’n goeie vriendin om haar lewensreis te deel en die opbrengs is ten bate van die ACVV se welsynswerk.

Dit is beskikbaar by die ACVV te Hoofstraat 188, Paarl (Huis Vergenoegd). Vir navrae, skakel 082-776-4841.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za