Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kriekettalent blink in Bolandspanne

Kriekettalent blink in Bolandspanne
 
2008-11-13


VIER spelers van New Orleans Sekondêr, twee spelers van Hoërskool Gimnasium en een elk van HJS, Hoër Landbouskool Boland en Hoërskool Hugenote is gekies vir Boland se o.19 krieketspan.

Dié span gaan aanstaande maand in Port Elizabeth, in die jaarlikse Coca-Cola Khaya Majola-toernooi, in aksie wees.

Paarliete wat die Bolandse o.19-span gehaal het is Franco Marais (HJS), Imran Nackerdien en Hein Adonis (albei Gim), Tiaan Cloete, Clayton August, Rabain Engelbrecht, Clayton Blommetjies (almal New Orleans), Juan Mong (Landbou) en Frederick Muller (Hugenote).

Boland se o.19-meisiespan reis in Desember na Durban vir die nasionale toernooi. Plaaslikes is Lauren Esterhuyse en Nicole le Fleur (albei Bridge House), Ronel Pentz (Gim), Moseline Daniels (New Orleans) en Lerato Maffa (Franschhoek).

Spelers wat die o.17-span gehaal het om aan die nasionale toernooi deel te neem is Manrich Kotzé, Charl Smith, Pieter Stofberg (almal HJS), Edrich Cook (New Orleans) en Jade Adams (Klein Nederburg).

Daar is ook ’n o.17B-span aangewys. Spelers wat dié span gehaal het, is Morné van Kerwel (Landbou), Byron Walters (New Orleans), Marvin Nicholas (Klein Nederburg), Brendan Rink (HJS) en John-Henry Collins (Gim).

Bjorn Fortuin, Clint Bröckman, Freddie Kirsten, Jean Bredenkamp, Kyle Solomons, Rudolph Pollard (almal HJS), Jan Frylinck (Landbou) en Junaid Cassiem (New Orleans) is almal in die o.15-span wat Boland van 11 tot 15 Desember in Oudtshoorn gaan verteenwoordig by die PG Bison-week.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za