Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier Krieket wen oortuigend

Bergrivier Krieket wen oortuigend
 
2008-11-13


BERGRIVIER se eerste krieketspan het Saterdag, in ’n wegwedstryd op Worcester, met 80 lopies koning gekraai oor hul opponente.

Bergrivier het eerste gekolf en ’n goeie openingsvennootskap van 58 lopies, tussen Darren Isaacs (26) en Yusrie Abrahim (32), het die grondslag vir die oorwinning gelę.

Ander kolwers van Bergrivier het self goed gevaar, met Morné Albanie (52) en Craig Abrahams (28) wat goeie tellings in hul span se toegelate 45 boulbeurte gehad het.

Bergrivier het uiteindelik 207/8 behaal.

Aan die kant van Worcester was goeie boulwerk gelewer deur J Albanie (2/25), L Meyer (2/31) en R Baxter (2x41).

Die span van Worcester het tydens hulle kolfbeurt te maklik hul paaltjies verloor.

Met T Gertse (29) en L Meyer (27) die tuisspan se beste kolwers, het Bergrivier se Fabian Arendse baie goed vertoon met die bal (3/4 in 1,4 boulbeurte).

Kurt Carolissen (2/15), Lee-Irwin Alexander (2/16) en Craig Abrahams (2/21) het vir Arendse goed ondersteun.

Saterdag speel Bergrivier I tuis teen Paarl- Oos. Bergrivier II speel weg teen Paarl-Oos.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za