Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos Krieket klop streekspan

Paarl-Oos Krieket klop streekspan
 
2008-11-13


IN ’n goeie 20/20 krieketwedstryd het GMT Paarl-Oos Sondag ’n Worcester Streekspan, op Worcester, getroef.

Die Paarliete het eerste gekolf en ’n skaflike 147 lopies behaal vir die verlies van 6 paaltjies.

Kurt Julius (37, 6x4), William van Neel(23, 2x6) en Jacques Daniels (38, 1x4) was Paarl-Oos se beste kolwers.

Met goeie boulwerk deur Paarl-Oos se Hubert Ontong (3/14) kon die span van Worcester slegs 86 lopies, vir 9 paaltjies, behaal. D Moolman (40, 4x4 en 1x6) was die tuisspan se beste kolwer.

In nog ’n wedstryd wat Sondag beslis was, het Paarl-Oos se tweede span die kans deur sy vingers laat glip om vir Vredenburg/Saldanha ore aan te sit.

Swak veld- en boulwerk was uiteindelik die Paarliete se ondergang.

Dane Schoor (20, 2x4), Edrich Cook (24, 2x4), Wayne Jantjies (71, 7x4 en 1x6) en Leroy Goliath (38 lopies, 2x4) was Paarl-Oos se vernaamste bydraers tot hul 218 lopies vir 6 paaltjies.

Vredenburg/Saldanha het hierop geantwoord met 220/5, om die wedstryd met 5 paaltjies te wen.

Paarl-Oos se beste boulers was Urchill Duminy (2/46) en Zynodien Fredericks (2/32).

Saterdag speel Paarl-Oos I en II teen Bergrivier I en II.

Voorlopig sal die eerste span se te Bergrivier speel, met die tweedes tuis.

Paarl-Oos I en II speel ook Sondag, in die pro-20 semi-finale op Stellenbosch. Wedstryde begin 10:30.

Paarl-Oos III speel weg teen Northdene II op Kraaifontein.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za