Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Elgar maak tien-trui syne

Elgar maak tien-trui syne
 
2008-11-13

Jaco van Wyk

AANHANGERS van die Kavaliers wat Elgar Watts se vierkuns aan drieë aanskou het in Boland se slagting van die Griffons op Boland-stadion, weet reeds waaroor dié verhaal handel - dié losskakel beskik oor ’n besonderse rugbytalent!

Wat dié aanhangers egter nie weet nie is dat Watts nie oornag dié huppel in sy stap gekry het nie.

Die 23-jarige oud-leer- ling van Klein Nederburg Sekondêr erken dat daardie dag, tydens sy span se promosie/relegasie-wed- stryd teen die Griffons, ’n spesiale dag in die Boland-trui was, en een is wat hy nie vinnig sal vergeet nie.

“Maar verlede jaar was eintlik my jaar toe ek nog vir Maties gespeel het,” sê Watts.

Dit is natuurlik na afloop van verlede jaar se spogseisoen in die maroen trui van die Universiteit van Stellenbosch (hy het in 2006 en 2007 vir Maties uitgedraf) wat Watts aangewys is as die Saru Nasionale Klubkampioenskap se speler van die jaar vir 2007.

Dié toekenning is aan Watts oorhandig tydens die SA Rugby Toekenningsbanket - ’n geleentheid waartydens die Springbok-held Bryan Habana vereer is met die toekenning van SA Rugbyspeler van die Jaar.

Dit is duidelik dat Watts hou van hardlooprugy. En terwyl dit vanjaar by tye onmoontlik was vir Watts om met sy vinnige voetwerk te floreer op Boland-stadion se modderbad, is dit juis dié tipe rugby wat die Kavaliers speel wat maak dat Watts sy rugby so geniet in die Boland.

“Hardlooprugby pas my spelstyl en dit is die manier hoe die Kavaliers speel,” sê die ratse nommer tien.

Watts is egter nederig wanneer die krediet sy kant toe kom vir die vier drieë wat hy daardie dag teen die Griffons gedruk het.

“Rugby is ’n spansport en ons voorspelers het daardie dag die agterlyn behoorlik op die voorvoet geplaas.

“Met die voorspelers wat ons opponente reeds vroeg in die wedstryd moeg gespeel het, kon ons agterspelers lekker aanval en het ek myself eenvoudig op die regte plek, op die regte tyd, bevind.”

Sy pa was destyds self ’n goeie losskakel in die ou WP Liga, dus is rugby in Watts se bloed.

Hy het van kleins-af sy rugby geniet en Watts sê hy sal nog lank wil speel en natuurlik hoër hoogtes wil bereik.

“Wat my rugbytoekoms vir my inhou hang af van die kanse wat ek kry. Dit is egter enige rugbyspeler se droom om in die Super 14 reeks te speel waar jy jouself teen die bestes kan meet.

“Daar is die kompetisie taai en kan ’n mens teen die wêreld se vaardigste losskakels speel, soos Daniel Carter en Matt Giteau.”

Vir eers lê Watts se hart egter in die Boland.

Maar ondanks waar hy eindig, besef Watts hoekom hy dit so maklik vind om sy teenstanders dronk te hardloop.

“Dit is alles te danke aan die Man van Bo wat my geseën het met my talente.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za