Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geluk aan Gim

Geluk aan Gim
 
2008-11-20


BAIE min skole in ons land kan spog dat hulle 150 jaar oud is en daarom was 2008 vir Paarl Gimnasium ’n geskiedkundige jaar.

Noudat alle feesvierings rondom die 150- jarige bestaan van die skool afgesluit is, wil ek as oud-Gimmie hierdie merkwaardige skool geluk wens met ’n skitter-feesjaar.

Vanaf die afskop van die feesverrigtinge met ’n feesdiens in die Toringkerk, gelei deur dr Izak de Villiers (oud-leerling), het alles getuig van luister, styl, goeie organisasie en die leerders en onderwysers se entoesiasme vir die skool.

Om hoogtepunte uit te sonder, is moeilik, maar die eerste rugbyspan se rekordoorwinning van 35-8 oor hulle jarelange teenstanders, die Hoër Jongenskool Paarl, is beslis die beste van die 48 Interskolebotsings wat ek al bygewoon het. So ook die huldigingsaand in die Paarlse stadsaal vir presterende oud- Gimmies.

Skoolhoof Basjan Reinhardt, kan met genoegdoening en trots terugkyk op ’n onvergeetlike afsluitingsjaar vir hom by die skool.

Ons wens Paarl Gimnasium die verdere uitlewing van sy leuse toe: Sol justitiae illustra nos (Mag die Son van geregtigheid ons bestraal).

Dirk van Papendorp




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za