Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Barmhartige Samaritane bedank

Barmhartige Samaritane bedank
 
2008-11-20


SONDAGAAND op pad vanaf die Paarl Mall, was nog ’n onskuldige mens deur ’n dronkbestuurder omgery - hy is ’n buitelander, dalk Zimbabwiër.

As dit nie was vir Rivona van Zyl en Andrew Louwrens wat agter hom gery het en alles gesien het nie, het die skurk weggery.

Rivona en Andrew het die polisie gekontak en op die toneel gebly met die dronk bestuurder en beseerde wat langs die pad gelê en bloei het.

Hy het verskriklik lelik seergekry, my hart was stukkend om ’n onskuldige mens so te sien lê en bloei in die koue.

Toe die ambulans kom, het die twee gehelp om die beseerde op die plank te sit, op die bedjie en in die ambulans te lig. Baie dankie aan dié Samaritane.

Wat my die kwaadste gemaak het, is die feit dat die dronk bestuurder, ’n onderdiaken van ’n gemeente in Huguenot is.

Toe die polisiebeampte vir hom vra of hy ’n drankie geneem het was sy terugvoering “Ja, ek het so ’n bietjie mos ingetap”, maar dit het meer vir my gelyk of hy ’n tenk mos ingetap het.

Die man was erg bebloed.

Ek en my familie het so hard gebid dat die Here sy pyn moet stilhou, want ons wat daar gestaan het, kon dit voel namens hom. My suster het hom probeer kalm hou, want hy was so vreesbevange.

Veronica




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za