Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sondagoggend hier ontheilig

Sondagoggend hier ontheilig
 
2008-11-20


DAAR is net iets anders aan hierdie dag, Sondag. Is dit nie veronderstel om ’n dag van die Here te wees nie?

Ongelukkig moes ek gaan werk op hierdie Sondag en op pad werk toe dink ek aan God en sy goedheid, en sommige mense is op pad na die kerk, maar, ek word hewig ontsteld toe ek oor die land stap by ’n bekende jazz-dansplek in Lady Greystraat.

’n Aantal motors staan nog daar, ses uur in die oggend en die musiek speel kliphard.

Selfs ’n hele aantal motors staan aan die oorkant van die rivier, langs die tëelwinkel waar die musiek ook hard speel.

Daar word heerlik gedrink en gevloek en mense wat verbystap moet maar net hul koppe anderkant toe draai en maak asof hulle niks gesien het nie.

Hierdie is mense wat dink hulle het iets in die lewe - ’n mooi motor, ’n mooi gesiggie én met ’n sigaret en ’n bier in die hand is hulle “cool”. Het ons mense dan nie meer moraliteit of self-respek nie? Weet ouers waarmee kinders besig is, of is dié ouers te bang om hulle aan te spreek?

Soveel keer lees ’n mens in die koerante van jongmense wat uit dansplekke kom, dan gebeur die onvermydelike met hulle - padsterftes, verkragtings en aanrandings.

Graag wil ek weet waarom die polisie nie kan ingryp nie. Die meeste van die bestuurders van daardie motors is tien teen een ook nie nugter nie.

Hoe gaan almal help om die dorp se beeld te verbeter as die jeug nie die goeie pad kan stap nie.

Ek sê nie dat almal nie die lewe moet geniet nie, maar om middernag op ’n Saterdagaand moet jy besef tot hier toe en nie verder nie.

Jy kán in wees en die lewe geniet sonder drank of sigarette! Exercise daily, walk with God.

Mario Matthews




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za