Bonsai-bome geskou
2008-11-20
TYDENS Leon Visser se boomklimaksies oor die afgelope naweek waartydens hy van die hoogste en grootste bome in Stellenbosch en Suid-Afrika moes klim om die presiese afmetings te kry, het die plaaslike Bonsai Kai ’n uitnodiging gerig om volgende naweek eerder die jaarlikse skou van die Bonsai Kai by te woon - dié boompies is aansienlike makliker om te bestyg as die 40 meter bome wat hy moes klim. Die reaksie was positief en Leon Visser sal wel die skou in die Botaniese Tuin op Stellenbosch bywoon wat Saterdag en Sondag oop sal wees vir die publiek. Toegangstye is Saterdag van 09:00 tot 17:00 en Sondag van 10:00 tot 16:00, en toegang is gratis. Aangesien lede van die klub altyd op diens sal wees, word die publiek uitgenooi om hulle ‘presentboompies’ saam te bring vir advies. Die bekende Becky Lucasversameling, die oudste bonsaiversameling in die land en wat dateer van die 1940s, word spesiaal vir die publiek oopgestel. ’n Koffiewinkel sal oop wees tydens die uitstalling. Verdere navrae kan gerig word aan Pietman Retief by 082-554-1476.
More
News
|