Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kindersorg gaan blikkies skud

Kindersorg gaan blikkies skud
 
2008-11-20


KINDERSORG Paarl het op 31 Oktober diplomas oorhandig aan die vrywilligers wat suksesvol die opleiding as beraders teen gesinsgeweld voltooi het. Die vrywilligers wat nou as ber­aders optree, gaan Saterdag 22 November blikkies skud voor Shoprite, Paarl-Oos, om die gemeenskap bewus te maak van hul ontstaan.

’n Optog om die 16 dae van Aktivisme teen gesinsgeweld te gedenk sal op 29 November gehou word.

Kindersorg wil almal uitnooi om deel te neem aan die optog.

Die optog begin om 08:30 by Sonop Primêr en gaan dan deur Paarl-Oos beweeg tot by die biblio­teek.

Verskeie aktiwiteite sal plaasvind met vermaaklikheid om die gemeenskap in te lig en op te voed aangaande geweld teen vroue en kinders.

Kontak Megan Isaacs vir verdere vrae by 021-862 6182 of 078-508-0794.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za