Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer skryf kortverhale by die Breytenbach

Leer skryf kortverhale by die Breytenbach
 
2008-11-20


NÁ die groot sukses van die vorige skryfskole, bied die Breytenbach-sentrum Vrydag en Saterdag ’n kortverhaal-werks­winkel aan met Rachelle Greeff as die aanbieder.

Greeff is ’n bekende en gewilde skrywer. Haar kortverhale het reeds die CNA-debuut­prys, die Sanlam Literêre Prys, en die RAU- prys vir Kreatiewe Skryfwerk ontvang.

’n Kortverhaal van haar is ook genomineer vir die Caine-prys vir Afrika-literatuur en haar debuutroman is in Nederlands en Duits vertaal.

Haar nuutste rubriekboek, Alles behalwe die geheim van my whiskies, het vroeër vanjaar by Human & Rousseau verskyn.

Voornemende deelnemers moet elk ’n storie van nie langer nie as 2 500 woorde skryf.

Daar is slegs plek vir twaalf persone en elke deelnemer sal voor die tyd ’n leeslys ontvang van kortverhale deur gevestigde skrywers wat tydens die werkswinkel bespreek sal word.

Verder sal die deelnemer se ingeskrewe tekste in diepte bespreek word en, anders as normaalweg, sal Greeff binne drie weke ná die werkswinkel help met die skaaf van die ingeskrewe tekste.

Hierdie kommunikasie sal slegs per e-pos plaasvind.

Die werskwinkel kos R950 (insluitend notas en ligte verversings).

Skakel die Breytenbach-sentrum by 021­873-2786 of e-pos theokemp@breyten bachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za