Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brel in Boland

Brel in Boland
 
2008-11-20


DIE hoogaangeskrewe toneelkabaret, Kissed by Brel, is tydens die Oude Libertas Somerseisoen op die planke op 28 en 29 November om 20:15.

Sanger Claire Watling en pianis Godfrey Johnson bring in hierdie huldeblyk aan Brel ’n vars en kontemporêre perspektief.

Jacques Brel se liedere met hulle romantiese liriese karakter het byna 30 jaar ná sy dood steeds nie hul trefkrag verloor nie.

Kissed By Brel is ’n toneelkabaret wat Brel se tydlose relevansie en blywende passie vier in ’n diverse mengsel van musikale style en baie emosie.

Temas van liefde, oorlog, avontuur, onvervulde drome, jeugdigheid, ouderdom en die dood word ondersoek.

Vir Brel is die lewe egter nie net tragies en kompleks nie, sy gesonde sin vir humor bring balans en toeganklikheid na sy werk.

Met opvallend eenvoudige lirieke, slaag hy daarin om die ironiese en die duistere te vergestalt.

Kissed by Brel is bekroon met 3 Fleur du Cap Teatertoekennings. Geoffrey Hyland is die regisseur en die kostuums is deur Dicky Longhurst.

Bespreek by Computicket of die Oude Libertas kaartjiekantoor by 021-809-7473 of 021-809-7380.

Kaartjies kos vanaf R90 tot R110.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za