Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die slapende skoonheid

Die slapende skoonheid
 
2008-11-20


DIE Kanna-benoemde kinderteaterstuk, Die Slapende Skoonheid, word Saterdag 29 November om 10:00 opgevoer by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Dié produksie bring ’n vars kykie op die baie bekende sprokie deur dit aan te bied dat oud en jonk hulleself sal geniet.

Die produksie vertel die verhaal van Flora, die slapende prinses, en haar ervaringe in Lappiesdorp.

Flora raak vriende met Kaspaas, die pratende vullisblik, terwyl haar oppassers, (die twee goeie feetjies Naas en Florinda) vir haar die geheim wegsteek dat sy eintlik ’n prinses is.

Insomnia, die wrede heks, wil ontslae raak van Flora en sodoende die koninkryk oorneem en self regeer.

Die produksie bereik ’n hoogtepunt wanneer die goeie Prins Gawie teen Insomnia baklei en Flora se lewe moet red.

Poppespel en elemente van pantomime sorg vir ’n geloofwaardige fantasiewêreld waar die karakters die gehoor meevoer en op ’n prettige manier ook die jonger gehoorlede opvoed.

Die Suid-Afrikaanse konteks waarin die stuk afspeel, sorg vir ’n wye kulturele ervaring waarmee elke gehoorlid gemaklik kan identifiseer.

Die Slapende Skoonheid is dus ’n vars kykie op ’n stokou, sprokie vir die hele familie.

Kaartjies kos R30. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za