Laurika sing in die Paarl
2008-11-20
EEN van die ikone van Afrikaanse musiek, die alombekende en gewilde sangeres Laurika Rauch, se besoek aan die Paarl vir die jaar vind plaas Sondag 30 November. Die twee vertonings vind plaas by die NGK Suider-Paarl NG Gemeente om 15:00 en 20:00. Sy gaan van haar treffers asook haar nuwe liedjies sing. Wat hierdie optredes egter spesiaal maak, is dat Laurika ingestem het om ook ’n paar Kersliedere by haar vertoning in te werk! Kaartjies beloop R100 tot R120 (alles is bespreekte sitplekke) en sluit verversings in. Vir besprekings en navrae, skakel die kerkkantoor by 021-863-2700 of na ure vir Liezel Fourie by 082-503-1096.
More
News
|