Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir hulp

Dankie vir hulp
 
2005-07-28


OP 18 Julie om sowat 6:15 vm was ek en my dogter in ‘n ongeluk betrokke op die Wellington-pad by die Springbokweg-afrit.

Hoewel ons motor baie erg beskadig is, en ons net ‘n paar bloukolle en kneusplekke opgedoen het, het ons verder baie lig daarvan afgekom.

As ons nou na die ongelukstoneel kyk, besef ons dat dit ‘n wonderwerk en genade is dat ons nog leef.

Ons wil graag ‘n paar mense opreg bedank vir hul bystand en ondersteuning - al die omstanders wat hande uitgesteek het om ons uit die motor te help en ons ondersteun het.

Ons wil graag die dame wat in ‘n pienk sweetpak was, bedank vir haar bystand en bemoedigende woorde. Daar was ook ‘n meneer wat ‘n wonderlike gebed vir ons gedoen het en ons wil hom graag bedank daarvoor.

Dankie ook aan die verkeerspolisie (mnr Williams) asook die ambulanspersoneel, wat so vinnig op die toneel verskyn het en baie behulpsaam was.

‘n Spesiale dank aan dr Baadjes en sy noodpersoneel van die Medi-Clinic. Baie dankie vir al julle hulp, ons waardeer dit opreg.

Dit is ‘n voorreg om te weet dat daar nog soveel wonderlike mense in ons land is, ons sal nooit vergeet nie.

Elsebé & Simoné Smit



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za