Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paaie gesluit vir Liggiesfees

Paaie gesluit vir Liggiesfees
 
2008-11-20


DIE Drakenstein Munisipaliteit bied vanjaar weereens feeste aan vir die gemeenskap tydens die aanskakeling van die Feesligte en sekere paaie sal saans gesluit wees gedurende die fees.

Lady Greystraat asook sekere dele van aangrensende strate, sal vanaf 17:15 tot 23:30 gesluit word op Vrydag 5 Desember en Saterdag 6 Desember.

Nuwestraat sal vir die duur van die feesvierings gesluit wees.

In Wellington sal Kerkstraat, asook sekere dele van aangrensende strate, vanaf 17:15 tot 23:30 gesluit word op Vrydag 28 November.

Die straatsluitings is by die hoek van Jan van Riebeeckstraat en Kerkstraat asook aan die onderpunt van Kerstraat (net voor Masonic Sentrum), Prinsstraat (albei punte), Roosstraat (albei punte), hoek van Fontein- en Kerkstraat en hoek van Fontein- en Kortstraat.

Besighede moet hul eie veiligheidspersoneel aanstel wat verantwoordelik is vir sekuriteit sou dit oop wees vir besigheid tydens die Liggiesfees.

Besighede is ook verantwoordelik vir hulle eie versekering.

Besighede mag slegs `n stalletjie bedryf indien daar vir die stalletjie betaal is.

Geen stalletjies mag vanaf die sypaadjie bedryf word nie.

Mense wat toegangkaartjies vir voertuie benodig, moet vir Ganief Dulvie by Silver Solutions skakel by 021-872-9799 of 082-844-9847.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za