Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Muurbal-kampioene gekroon

Muurbal-kampioene gekroon
 
2008-11-20


DIE wenners van Paarl Muurbalklub se klubkampioenskappe is onlangs aangewys na afloop van die finale wat plaasgevind het by die klub.

In die mans-finaal het Kobus van der Vyver vir Pieter Stephan geklop met 3-0 om die titel in te palm.

In die dames-finaal het Lizanne Vlok afgereken met Marjorie Smit (3-2).

Lizanne Vlok en Pikkie Swanepoel is ook tydens die kampioenskappe vereer as die beste junior dogter- en seunspeler van Paarl Muurbalklub.

Die klub het tydens die kampioenskappe sy nuwe komitee aangewys. Die lede is Nickie Vlok (voorsitter), Anthony Cross (ondervoorsitter), Corlia Vlok (sekretaris), Stephen Elliot, Charlene Elliot, Sanette van Vuuren, Nico Loubser, Nico Vlok, Marco Zielman en Fabian Batts.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za