Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bakkies kan stene kou

Bakkies kan stene kou
 
2008-11-20


STENE kou is kos vir die voertuie waarmee die deelnemers aan die asemsnak 4x4 uithourit Saterdag by De Hoop Steenwerke in Daljosafat, die steiltes en watergate gaan pak.

Toeskouers is welkom by die laaste WP 4x4 Challenge van 2008, waar die bestuurders van sowat 30 voertuie hul staal sal wys.

Van die voertuie is herbou met lugvere, draairemme en wiele wat al vier onafhanklik van mekaar hul ding doen om hul uit gate te grawe en oor klippe te klouter.

Dan is daar die standaard-produksie viertrek-bakkies en ook tweewiel-aangedrewe pypkarre wat vir groot vermaak sorg, want anders as hul groot boetas wat met vernuf en brute krag oor die hindernisse klim, moet die pypkarre op hul spoed en astrantheid staat maak.

Die byeenkoms is van 08:30 tot 18:00. Toegang is R30 (kinders onder 14 gratis). Vir meer inligting, skakel 083-725-4140.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za